Prieska, Prieska
Die plaas is geleë in die Prieska/Britstown/Vosburg driehoek. Die plaas beskik oor enkelfase Eskom krag en `n 4 slaapkamer woonhuis. Daar is voldoende water vir vee, 7 boorgate, 6 sement damme, en drakrag van 1:5/KVE.
2/3 van die plaas is buite-om met jakkalsdraad omhein.
Die eienaar is geregistreer vir BTW.
Eskom: Ja, enkelfase
Boorgate: 7
Solarpompe: 4
Dompelpompe: 1
Damme: 6 x Sement
Drakrag: 1:5/KVE
Gemiddelde reënval : 250mm/jaar
Soort weiding: Soet/Bossieveld/Grasveld
50% Rante en vlakte en 50% bossie- en grasveld
Kampe: 9 Groot en 1
Toestand van draad : Netjies
Hoeveel skaap kan geboer word: 750-800 ooie met lammers
Krale: 2 stelle met laaibank
Wildspesies: +- 70 Springbokke en +-15 Blesbokke
Verbeterings: 4 Slaapkamer woonhuis (staan al 2 jaar leeg , maar kan met lae kostes herstel word), 2 badkamers, eetkamer, sitkamer, opwas en swembad (kort aandag)
Huurkontrak : Tot 31 Augustus 2024