Ref: RD358
Area: Vryburg
Price: R 5 900 000 VAT excl
Size: 4023sqm

Description: Invite the garden into your home. All the rooms have large windows with beautiful views over the greenery and the garden. It creates a peaceful holiday atmosphere and sets you apart from busy daily life. The real yellow-wood floors and stained glass doors give an old-fashioned charm to every room. The fireplace in the lounge/dining room is a cosy gathering place in winter and the stone finish is evidenced by excellent workmanship. Under floor heating in some of the rooms complete the total package. The kitchen is every woman's dream. Plenty of space there and the pantry is a wonderful addition. The laundry and laundry room is next to the kitchen with a very comfortable outside door to the backyard. The location of this property is perfect. Across from the golf course and just look at the size! An extra income can be generated with the 2 fully equipped guest rooms, separate from the house. This stately home has lots of potential. It can be used as a wedding venue where garden weddings. The thatched roof with built-in braai is big enough for 40 guests to be easily accommodated. The outbuildings can easily be converted into a chapel, thus creating a unique cosy gathering place for intimate occasions. Enough is said. Come and take a look at this selected property.

Verw: RD358
Area: Vryburg
Prys: R 5 900 000 BTW uit
Grootte: 4023vkm

Beskrywing: Nooi die tuin in jou huis. Al die vertrekke het groot vensters met prag uitsig oor die lowergroen tuin en swembad. Dit skep ‘n rustige vakansie atmosfeer en sny jou af van die gejaagde lewe waarin almal vasgevang is. Die egte geelhoutvloere en loodglas deure gee ‘n outydse sjarme aan elke vertrek. Die kaggel in die sit/eetkamer is ‘n gesellige bymekaarkom plek in die winter en die klip afwerking getuig van uitstekende vakmanskap. Ondervloerse verhitting in sommige van die vertrekke voltooi die totale paket. Die kombuis is elke vrou se droom. Pakplek is daar oorgenoeg en die spens is ‘n heerlike bykomende bederf. Die opwas en waskamer is langs die kombuis met ‘n baie gerieflike buitedeur na die agterplaas. Die ligging van hierdie eiendom is perfek. Dit is regoorkant die golfbaan en kyk gerus na die erf grootte! ‘n Ekstra inkomste kan gegenereer word met die 2 volledige toegeruste gastekamers wat apart van die woonhuis is. Hierdie statige woonhuis het hope potensiaal. Dit kan as ‘n trouvenue gebruik word waar tuintroues en onthale gedoen kan word. Die grasdak stoep met ingeboude braai is groot genoeg dat daar 40 gaste maklik geakkommodeer kan word. Die buitegeboue kan maklik in ‘n kapel omskep word en sodoende ‘n unieke gesellige bymekaarkomplek wees vir intieme gesellighede. Genoeg is gesê. Kom kyk gerus na hierdie uitsoek eiendom.

Contact the Agent

Please contact the agent below for more information for this property.

Please click here to contact Agent.

Email Agent.

Request a Brochure.

Back to Farms.