Ref: P871
Area: Middelburg
Price: R 4 500 000 VAT excl
Size: 171ha

Description:

Verw: P871
Area: Middelburg
Prys: R 4 500 000 BTW uit
Grootte: 171ha

Beskrywing: 171ha Pragtige natuurskoon plaas met standhoudende spruit, fonteine, besonderse bergagtige uitsigte, wandelpaaie sowat 40 km vanaf Loskopdam en 30 km vanaf Middelburg.

Natuurplaas waar die hoëveld, middelveld en die bosveld ontmoet. Wildspesies wat op die plaas voorkom is Kudu’s en kleinwild soos duikers, steenbokkies. Vlakvarke en bosvarke kom ook voor. Tans boer die eienaar met ‘n klein skaap boerdery en hoop om binnekort te kan aftree. Die plaas is besonders geskik vir toerisme ontwikkeling, soos bv ‘n boutique hotel of vakansie oord weens die besonderse bergagtige natuurskoon en volop water, slegs 2 ure vanaf Midrand, Gauteng.

Die plaas kan ook suksesvol intensief geboer word met 200 skape en 50 koeie, soos vasgestel is deur die Departement van Landbou Tegniese Dienste in 2007.

Wat die plaas definitief uniek maak is sy ligging in ‘n besonderse natuurskoon omgewing naby Gauteng, en sal baie geskik wees vir die naweek boer, of vir die ontwikkeling in een of ander vorm vir toerisme verwante bedrywe, en self ook vir die intensiewe bees, skaap of wild boer.

2. Habitat: Drakrag: GVE 1:3.4, KVE 1:0.6, Bepaal; deur Dept Landbou Tegniese Dienste , 2007. Grond tipe: Vleiland (± 7%), Weidingsveld (± 70%) en Aangeplante weiding (± 23%), Kontoer hoogtes: 1380 m ot 1480m Veld tipes: Bosveld, Hoëveld en Middelveld Reënval: ± 700 mm per jaar gedurende Okt en Mei, droë winters Water: Ondergronds, Fonteine, Standhoudende spruit, Reënval. Weiding: Savannah Grasveld, bergveldt, vreetbare bos en aangeplante weiding. Bome: Blinkblaar Wag-'n-bietjie, Olienhoutbome, Swartbas, Suikerbos, Wilde seringe, Bloekombome, Populier, Aangeplante weiding: Smutsvinger, Eragrostis, Kikuyu,

3. Tans geboer met:

Klein skaap boerdery.

4. Verbeterings en Infrastruktuur: Die plaas is opgedeel in 11 weikampe, elkeen met water wat met veldspan en doringdraad omhein is (± 80Ha). 40 Ha ploeg grond wat tans onder aangeplante weiding is. Werkswinkel , ± 160m², van sement, steen en sink. ESKOM, 3 fase met 3 punte.

Drie boorgate, een standhoudende spruit, drie fonteine waarvan 2 standhoudend is, vyf grond damme, een sement dam, en vier pompstasies.

Veehanterings geriewe:

Ou melkstal en hoenderhok, elkeen van sandsteen sement en hout. Varkhokke vir ekstensiewe gebruik. Vee voerkraal, 100 m x 8m, van van stene, veldspan met sinkdak. Twee 12 ton voertorings, met voer stoor, van stene, hout en sink.

EKO-Toerisme:

Word bedryf op ± 13Ha en sluit die volgende in:
• 1 Saal vir ± 100 persone, kroeg en kombuis gedeelte,
• Kleedkamers,
• Kantoor geriewe,
• 100’000 L swembad (kort opgradering),
• 3 x Hout chalets, elk met slaapkamer, badkamer geriewe en kombuis,
• 6 x Gedienste karavaan staanplekke,
• Verkeie ongedienste karavaan staanplekke,
• 2 x Klip lapas, onder dak,
• Amblusie blok.
Woonhuise:

• 2 x Drie slaapkamer ruim woonhuise wat tans bewoon word.
• Een ou plaasopstal wat restourasie verg (Onbewoon)

5. Belangrike Nota: Alhoewel alle voorsorg getref is om die inligting korrek aan te teken, kan daar natuurlik die moontlikheid bestaan dat iets wel nie heel korrek aangeteken is nie weens ‘n misverstand of onduidelike weergawe aan die agent. Daarom word u versoek om u self met die inligting te vereenselwig om sodoende moontlike onskuldige foute te vermy. Geen verantwoordelikheid sal deur die agent aanvaar word vir inligting wat tot misverstande en onskuldige foute lei, in die voorafgaande, of agv die voorafgaande inligting nie.

Contact the Agent

Please contact the agent below for more information for this property.

Please click here to contact Agent.

Email Agent.

Request a Brochure.

Back to Farms.