Ref: P745
Area: Kathu
Price: R 10 500 000 VAT excl
Size: 1260ha

Description: There are only a few places in the world where the mentioning of a single name is enough to unlock a wealth of memoirs. The Kalahari is such a place. South Africa is richly blessed with a variety of outstanding regions, of which the most legendary is the Kalahari. A land with little water, plenty sand, awe inspiring vistas, vast extremes. It is a place of stillness. An unmatched mood. The unique vegetation and the culture of the people living here entice new travellers who love to get to know the Kalahari. Experience the true Kalahari landscape daily, from the contentment of a comfortable home. Break loose and welcome your friends, family and colleagues. Enjoy cocktails and cheerful laughter and happiness with everyone who is significant to you, whilst the sun sets slowly over the vastness, and the boundlessness of the Kalahari. This lifestyle farm, in the soul of the Kalahari, stretches over more than a thousand hectares. Here you will discover the unique sensation of a typical Kalahari Camel thorn tree savannah landscape, the relative free of human influence, the beauty and the generosity of the Kalahari. The hardened, distinctive Camel thorn tree, immensely abundant, almost resembling a forest on this farm, with its characteristically flattened form exemplifies the sandy Kalahari Camel thorn tree savannah landscape. The soil is covered with a variation of plant species; trees, shrubs, bushes, grasses, which produce a habitat for a wide range of proper farming activities like game, cattle, sheep, Boer goats, and together with the superb setting, tourism as well. Entree to the farm is through safe roads, any time of day and night, partly tarred from Dibeng, with Kathu ± 20 km from Dibeng. • The property is being promoted as a going concern, which will include the following: Kalahari Springbok, Impala, and Kudus. • Cattle and game is currently being farmed. • The farm is very well suited for game, cattle, sheep, Boer goats and the leisure industry. • Good grassland is available. • Improvements and buildings. • Water: 2 Boreholes that are ± 30 meters deep, supplying ± 2500 and 5000l³ respectively per hour. Both are equipped with submersible pumps. • 3 Cement dams. • 7 Camps with strong water at the cribs. • Camp systems: 1 x 4 and 1 x 2. • Cattle loading abilities. • Eskom power available: single and 3 phase. • ± 15 Km, 2.4 Meter high fence, with 1.4 meter jackal proof fenced. • More than 90% Camel thorn tree savannah veldt with the balance Karoo bush hard veldt and a few hectares of wetland in the dry Ga-Mogara river. • The farm is capable to deliver good animal production due to the outstanding habitat that is key for fertility and conception. • No soil erosion, • No high voltage line, no tombs. • Improvements: ± 430m³ steel store, 3 room workers' house. • Residence: ± 350 m² Quality built neat and comfortable tiled house:  3 Bedrooms,  2 Bathroom, including 1 x en-suite,  Entrance hall.  Study, or sewing room.  Kitchen with beautiful practical solid oak cabinets, and storage room.  Lounge.  Dining.  Living room.  Wall tiles to the ceiling.  Floor tiles in the kitchen, and hallways.  Carpets in the bedrooms and living area.  Patio with thatch roof and wood stove.  Reception area with built-in braai and fireplace.  Air conditioning in the main bedroom and the living room.  Double garage.  Burglar proofing, and alarm.  ± 3400m² fenced plot. • Co-Op farmers Market is on Dibeng. • Auction kraals ± 25km, • Kathu ± 20 Km • Upington ± 200km • Vryburg ± 200km • Kimberley ± 300km • The Sishen airport is about 17km from the farm. • Kathu golf course, one of the most beautiful golf courses in South Africa. Camel thorn Tree Forest The Camel thorn tree forest is one of only two in the world and the other is between Mariental and Rehoboth in Namibia. Its uniqueness was recognized in the early 1920's when it was declared as a state forest. In 1995 it was registered as a natural heritage site. The Kathu Forest is about 4000 hectares and larger trees in the forest are estimated to be older than 300 years. The Tswana word "Dibeng" means "First Drinking Place". Dibeng was developed on the banks of the Ga-Mogara River, which has since dried up. The nickname of the town, "Sunflower city", refers to the many wind pumps that supply water for every property in the town. Kathu is the iron ore capital in South Africa. The name "city under the trees", refers to the ± 4000 hectare Camel thorn tree forest in which it is located. Kathu is perfectly located between Upington and Vryburg and about 2 hours’ drive each direction. Kimberley is a 3-hour drive away. The Northern Cape is a country of very diverse cultures and brave missionaries. It offers many challenges for adrenaline junkies, hikers, hunters and 4 × 4 adventurers. It has impressive parks with endless wildlife and the most unique flora in the world. Extracts from: 1. The Kalahari and its plants, Pieter van der Walt and Elias Le Riche, 1999; 2. http://experiencenortherncape.com

Verw: P745
Area: Kathu
Prys: R 10 500 000 BTW uit
Grootte: 1260ha

Beskrywing: Daar is maar net 'n paar plekke in die wêreld waar die noem van 'n enkele naam genoeg is om by enige mens wat dit ken en waardeer, 'n rykdom van herinneringe en 'n ongekende hunkering te ontsluit. Die Kalahari is so 'n plek. Suid-Afrika is ryklik geseënd met 'n verskeidenheid besonderse landstreke, van die vernaamste is die Kalahari. ʼn Land van min water, baie sand, verstommende uitsigteen absolute uiterstes. ‘n Plek van stilte. ʼn Besonderse atmosfeer. Die eiesoortige plantegroei en die kultuur van die mense wat hier woon, lok al hoe meer reisigers wat graag die area beter wil leer ken. Ervaar die ware Kalahari landskap daagliks, uit die gemak van ʼn gerieflike woonhuis. Breek bietjie los en onthaal u vriende, familie en kolegas. Geniet skemerkelkies, en die lekker gelag saam met almal wat vir u belangrik is, terwyl die son stadig wegsink en sy kop laat sak oor die uitgestrektheid, die grensloosheid van die Kalahari. Hierdie leefstyl plaas in die hartjie van die Kalahari, strek oor meer as ʼn duisend hektaar. Hier kry u die unieke gevoel van ʼn tipiese Kalahari Kameeldoring savanna landskap, die relatiewe vry van menslike invloed, die skoonheid, en die aanneemlikheid van die Kalahari. Die geharde, karaktervolle Kameeldoringboom wat so oorvloedig, bykans soos ʼn woud op hierdie plaas voorkom, met sy kenmer¬kende afgeplatte, unieke vorm versinnebeeld die sanderige Kalahari Kameeldoring savanna landskap. Die grond is bedek met 'n diversiteit van plantsoorte; bome, struike, bossies, grasse, wat ʼn habitat skep vir 'n wye verskeidenheid gepaste boerdery aktiwiteite soos wild, beeste, skape, boerbokke, en tesame met die uitstekende ligging, natuurlik toerisme ook. Toegang tot die plaas is deur veilige paaie, enige tyd van die dag en die nag, gedeeltelik geteer vanaf Dibeng, met Kathu ± 20 km uit Dibeng. Kalahari plantegroei lewer die hoogste produksie natuurlike veldkos in Suidelike Afrika. Die aard en samestelling van die plantegroei bied aan die geoefende persoon en geskikte dier 'n goeie kans op oorlewing onder die mees uiteenlopende omgewings toestande. • Die eiendom word bemark as ʼn lopende saak wat van die volgende sal ingesluit: Kalahari Springbokke, Rooibokke, en Kudus. • Tans word met bees en wild geboer. • Die plaas is baie goed geskik vir wild, beeste, skape, boerbokke, en toerisme. • Goeie weidingsveld is beskikbaar. • Verbeteringe en opstal. • Water: 2 Boorgate wat ± 30 meter vlak is, en lewer onderskeidelik ± 2500 en 5000l³ per uur. Albei is met dompelpompe toegerus. • 3 Damme. • 7 Kampe, met sterk volhoudende water by die suipings. • Kampstelsels: 1 x 4 en 1 x 2. • Laaibank fasiliteite. • Eskom krag beskikbaar: enkel en 3 fase. • ± 15 Km, 2.4 Meter hoë wildwerende heining, met 1.4 meter jakkals proef reeds gespan. • Meer as 90 % Kameeldoring savanna velt, met die balans karoo bossie hardeveld en ʼn paar hektaar vleigrond in die droë Ga-Mogara rivier. • Die plaas het die potensiaal om goeie diereproduksie te kan lewer weens die habitat wat belangrik is vir vrugbaarheid en bevrugting. • Geen grond erosie nie. • Geen hoogspanning lyn nie, geen grafte nie. • Verbeterings behels: ± 430m³ staalstoor, 3 vertrek werkershuis. • Woonhuis: ± 350 m² Gehalte geboude netjiese en gerieflike teëldak woonhuis:  3 Slaapkamers,  2 Badkamers, waarvan 1 x en-suite,  Ingangsportaal.  Studeerkamer, of Naaldwerkkamer.  Kombuis met pragtige praktiese soliede eikehout kaste, opwaskamer.  Sitkamer.  Eetkamer.  Woonkamer, kroegie.  Muurteëls tot teen die plafon.  Vloerteëls in die kombuis, en gange.  Matte in die slaapkamers en woonarea.  Stoep met grasdak en houtstoof.  Onthaalvertrek met ingeboude braai en kaggel.  Lugversorging in die hoofslaapkamer en die woonvertrek.  Dubbel motorhuis.  Diefwering, alarm.  ± 3400m² erf. • Koöperasie is op Dibeng. • Veilingskrale ± 25km, • Kathu ± 20 Km • Upington ± 200km • Vryburg ± 200km • Kimberley ± 300km • Die Sishen-lughawe is sowat 17km van die plaas. • Kathu gholfbaan, een van die mooiste gholfbane in Suid Afrika. Kameeldoringboomwoud Die Kameeldoringboom woud is een van slegs twee in die wêreld en die ander is tussen Mariental en Rehoboth in Namibië. Sy uniekheid is erken in die vroeë 1920's toe dit as 'n Staatsbos verklaar is. In 1995 is dit geregistreer as 'n natuurlike erfenisterrein. Die Kathu-woud is ongeveer 4000 hektaar groot en groter bome in die bos word gereken ouer as 300 jaar. Die Tswana woord "Dibeng" beteken "Eerste drinkplek". Dibeng was ontwikkel op die oewer van die Ga-Mogara rivier, wat sedertdien opgedroog het. Die bynaam van die dorp, "Sonneblomstad", verwys na die baie windpompe wat water voorsien vir elke eiendom in die dorp. Kathu is die ystererts hoofstad in Suid-Afrika. Die naam "stad onder die bome", verwys na die ± 4000 hektaar Kameeldoring woud waarin dit geleë is. Kathu is perfek tussen Upington en Vryburg met ongeveer 2 uur se ry na weerskant toe. Kimberley is 'n 3-uur se ry weg. Die Noord-Kaap is 'n land van baie uiteenlopende kulture, en van grensgeskiedenis en dapper sendelinge. Dit bied talle uitdagings vir adrenalien junkies, stappers, jagters en 4 × 4 avonturiers. Dit het indrukwekkende parke met eindelose wild en van die mees unieke flora in die wêreld. Uittreksels uit: 1. Die Kalahari en sy plante, Pieter van der Walt en Elias Le Riche, 1999; 2. http://experiencenortherncape.com

Contact the Agent

Please contact the agent below for more information for this property.

Please click here to contact Agent.

Email Agent.

Request a Brochure.

Back to Farms.