Ref: 644
Area: Olifantshoek
Price: R 12 500 000 VAT excl
Size: 2359ha

Description: This farm can easily be one of the ten most beautiful farms in the Kalahari. This farm is situated approximately 40km South East of Olifantshoek, which is also the nearest town to this farm. If you need more than a couple of shops, Upington or even Kathu is within reach. The main house is approximately 30 minutes drive on the gravel road. This farm borders no main roads and can carry approximately 250 cattle. Cattle can be purchased separately for a going concern transaction. There is a lovely old house with a garden and beautiful lawn and indigenous trees. Single phase Eskom power, a variety of outer buildings and a shed is available. The cattle kraal can accommodate 120 cattle and is equipped with loading facility, neck clamp and crush. There are four sheep kraals available as well. The 280ha camp is electrically fenced for the lambing ewes. Game available is Kudu, Duiker, Chamois, Deere, Guinea fowl, Blue falcon Eagle, Vulture, Lizard, Meerkat, Pangolin, Wart hog, Porcupine and approximately 40 Springbuck that is included in the sale. There is sufficient water and the 4 boreholes are between 60m and 130m deep and supply between 2000lt and 5000lt per hour. The boreholes are equipped with a windmill, mono pump and solar pump. There are 7 dams and 2 reservoirs. The average rainfall is 420mm for the last 12 years. The habitat and the fact that the farm borders no main borders, makes it ideal. The grazing is very well managed. This farm is ideal for game, small stock and cattle. You may ask the question, why is this beautiful and well developed farm for sale, the owners are retiring and their children are well vested in their careers.

Verw: 644
Area: Olifantshoek
Prys: R 12 500 000 BTW uit
Grootte: 2359ha

Beskrywing: Hierdie plaas kan wel moontlik een van die 10 mooiste plase in en om die Kalahari gewees het indien daar so lys sou wees. Die plaas is geleë omtrent 40 km Suid-Oos van Olifantshoek. Dit is dan ook die naaste groterige dorp aan die plaas. Vir ‘n behoefte aan meer as ‘n paar winkels kan besigheid op Upington of selfs Kathu gedoen word. Die plaas opstal is omtrent so 30 minute uit op die grond pad. Die plaas is ‘n binneplaas en kan 260 grootvee dra, die ekwivalent van ‘n amper 8000 ha Kalahari Wes plaas. Vee kan addisioneel onderhandel word vir ‘n lopende saak. Verbeteringe behels ‘n ou baie netjiese ruim woonhuis met tuin en lekker gevestigde grasperk en verskeie enorme inheemse bome, ‘n wilde olyf boom wat hierdie jaar vir die eerste keer dra. ESKOM enkel fase krag, buite geboue en ‘n sink stoor. Daar is ‘n bees kraal om 120 bees te werk, volledige toegerus met laaibank, nek klamp en drukgang. 4 Skaapkrale in die veld. 280ha Kamp is geëlektrifiseer en in 4 kampe verdeel vir lammer ooie. Daar is nog blykbaar wel hier en daar ongediertes wat pla met die kleinvee buite die geëlektrifiseerde kamp. Deur die plaas te elektrifiseer kan die ongedierte probleem mettertyd heeltemal beperk word. Wild wat tans voorkom op die plaas is ‘n trop trek Koedoe ooie, Steenbokke, Duikers, Klipspringers, Ribbokke, Tarentale, Blouvalke, Arende, Aasvoëls, Likkewane, Meerkatte, Ietermagog, Ystervarke, Vlakvarke, Erdvarke, Skilpaaie en sowat 40 Springbokke wat ingesluit is by hierdie transaksie. Water is baie volop en lekker. Daar is 4 boorgate tussen 60 en 130 meter diep en lewer tussen 2000 en 5000 lt per huur. Die boorgate is toegerus met windpomp, monopomp en sonpomp. 7 Sinkdamme waarvan die meeste nou uitgebou is met stene en 2 gronddamme. Die gemiddelde reënval die laaste 13 jaar is 420mm per jaar. Die amptelike langtermyn reënval syfer is 350 mm per jaar. Daar is ook ‘n fontein in die berg wat loop vir ‘n etlike tydperk wanneer die reënval hoër is as 450 mm. Reënval van 600 tot 800 mm het ook alreeds voorgekom. Die weiding op die plaas is geskik vir wild en vee. Die plaas is in ‘n baie pragtige en besonderse habitat geleë en is effe afgesonder sonder deurpaaie. Tradisionele boerdery met groot en kleinvee is die veld se drakrag rondom 1 grootvee eenheid per 9 hektaar sodat die plaas 262 grootvee kan dra. Die omgewings plase rondom se drakrag is 1 tot 13 hektaar per GVE. Die habitat is hoofsaaklik rooi sandveld bedek met allerlei grasse soos gha gras, boesman grasse, bloubuffel en rondomtalie grasse. Bome is hoofsaaklik Kameeldoringbome, Vaalkameel, Witgatte, en Akasia doringbome. Die kameeldoringbome is van bitter jong bome tot ou bome rondom 150 jaar, en is blykbaar kewer loos, wat beteken die dooie bome se hout vrot nie soos in gedeeltes van die ooste van die Kalahari nie. Die hout is baie solied. Bossies wat op die plaas voorkom is Boegoebos, pypsteelbos, gannabos, kool ganna, en baie kapok bossies. Hierdie bossies rond natuurlik die lammers mooi af en help bitter baie in die maarder jare wanneer die gras nie so vol in stand is nie. Daar is ook wel ‘n paar indringer plante soos haak en steek of soos ander plekke daarna verwys as die blinkblaar wag-‘n-bietjie, en baie min suid wes doring en drie doring. Wat die plaas uniek maak is eerstens die aard van die habitat, die besonderse bome prag met goed gebalanseerde sagte rooi vlakte grond en berg veld, natuurlik die ligging tussen die berge en by die Kalahari. ‘n Rustige en veilige omgewing, afgesonderd en veilig met geen deurpaaie nie, publieke paaie, of ander toegang paaie nie. Die weiding is baie goed bestuur ongeag die onlangse uitgerekte droëer jare. Die plaas is ideaal gepas vir wild en die ontwikkeling van ‘n wildbedryf asook klein en groot vee. Bo en behalwe die voorafgaande, dit is ‘n besonderse pragtige plaas en nie slegs geprys teen R16.2 miljoen BTW uitgesluit nie. Diere kan onderhandel word vir ‘n transaksie as ‘n lopende saak met ‘n zero BTW koers. Nou mag u vra, waarom word so fantastiese plaas dan verkoop? Die antwoord is maar redelik eenvoudig. Die eienaars bereik nou aftrede en die skoonseuns is nie plaas boere nie en is baie goed gevestig in hulle beroepe.

Contact the Agent

Please contact the agent below for more information for this property.

Please click here to contact Agent.

Email Agent.

Request a Brochure.

Back to Farms.