Ref: P607
Area: Upington
Price: R 15 750 000 VAT excl
Size: 5642ha

Description: This 5642ha farm is situated one hours drive from Upington. What makes this farm unique is the water and the bush veld that keeps the cattle fat, even in drought. This farm is near Noenieput, that is according to the 2011 census, the safest place in South Africa. There is a spacious cement shed, labour houses, approximately 350sqm house, solar power and a Lister engine on stand by. The approximately long term rainfall is between 150mm and 250mm per year and the grazing capacity is 28ha/LSU and 5ha/SSU. The water is spread across the farm from boreholes that is only 30m and 45m deep. Every borehole has a tank and 6 reservoirs are spread across the entire farm. Gates and fences are in a good condition and the farm is divided into 13 camps, all equipped with water. Kraals are available with crush and loading facility. If you are pushed for time and wants to fly, there is a runway approximately 600m from the house. There are no land claims or Eskom power. This farm is worth a visit, a great opportunity. * photo’s taken 2014

Verw: P607
Area: Upington
Prys: R 15 750 000 BTW uit
Grootte: 5642ha

Beskrywing: Die 5642ha hektaar plaas is geleë so uur se ry buite Upington in die wes Kalahari. Wat hierdie plaas uniek maak is genoegsame water en die wonderlike bossieveld wat die diere so lekker vet hou, selfs in tye van droogte. Die ligging van die plaas is naby Noenieput wat amptelik as die veiligste plek is Suid-Afrika aangewys is met die 2011 sensus. Verbeteringe sluit in: ‘n ruim sement stoor, arbeiders wonings, ± 350 m² oop plan plaas opstal, sonkrag stelsel en ‘n Lister enjin vir bystand. Die gemiddelde langtermyn reënval is tussen 150mm en 250mm per jaar. Die drakrag van die weiding is 28ha/GVE of 5ha/KVE. Die water, wat met 40mm plastiese swart pyp oor die plaas versprei is, is uit boorgate wat varieer tussen slegs 30m en 45m in diepte. By elke boorgat is groen tenks. 6 Grondamme is versprei oor die plaas, wat amper standhoudend is gedurende die jaar, natuurlik onderhewig aan die reën. Toestand van die hekke en draad is baie goed. Die plaas is opgedeel in 13 kampe, elkeen met water. 4 Kraalkomplekse, waarvan een kraalkompleks met drukgang, kopklem en laaibank, 5 km vanaf die plaas opstal is. Kraalkompleks is netjies opgerig met hout en windpomp pype. Daar is ook voldoende toegang vir vragmotors en beeswaentjies na die laaibank toe. Tans word geboer met Bonsmara beeste, Dorper skape, Rooikop boerbokke asook wild soos Gemsbok, Springbok en Hartman berg Zebra. Volop kleinwild kom op die plaas voor. Indien u beperkte tyd het en wil invlieg, kan u op die plaas land met die aanloopbaan sowat 600m vanaf die plaas opstal. Hier is geen grondeis, grafte anders as blanke setlaars van die laat 1880’s, hoogspanning drade of Eskom krag op die plaas nie. Wat u wel hier kan vind is ‘n fantastiese gehalte lewe in die pragtige en besonderse Kalahari. Kom besoek ons gerus en maak sodoende seker of hierdie nie die plaas is waarna u reeds soek nie. Die habitat bestaan uit Kalahari duine, sandgrond en hardeveldt. Grasse wat voorkom is Ghagras, (Centropodia glauca), Steekwiet, (Stipagrostis amabilis), Wit Buffel (Panicum colaratum), Knietjiesgras ( Eragrostis lehmanniana), blinkaar (Stipagrostis uniplumis), langbeenboesman (Stipagrostis ciliata), en kortbeenboesman (Stipagrostis obtusa). Bome is Vaalkameel ( Acacia haematoxylon), Witgat (Boscia foetida), en Lemoendoring (Parkinsonia africana). Struike wat hier voorkom is onder andere Swarthaak (Acacia melifera) en daar is ‘n verskeidenheid bossies wat die lammers en ooie lekker afrond. *foto’s geneem 2014

Contact the Agent

Please contact the agent below for more information for this property.

Please click here to contact Agent.

Email Agent.

Request a Brochure.

Back to Farms.