Ref: KH60
Area: Groblershoop
Price: R 650 000 VAT excl
Size: 8ha

Description: 8ha Neat small holding situated in the beautiful and safe Green Kalahari, near vineyards, maize, cotton, wheat etc. There is a lovely neat and spacious 300sqm house on a 1400sqm lawn with beautiful trees. The fruit trees include citrus, peach, pomegranate and figs. Eskom power, fences, dams, water tanks, relaxation amenities as well as a circle for the horses are available on this beautiful property. Water for the house and live stock are from the canal. There is a feeding kraal for approximately 500 sheep. What makes this property so lovely is its location in the beautiful Green Kalahari, central in South Africa. This small holding is very neat with a beautiful home. The children enjoy campfires with their friends and sometimes even enjoy camping outside for the night. A put-put course as well as volleyball amenities available. Tranquillity, horseback riding and much more available on the banks of the Orange river. A property like this rarely comes on the market, an opportunity not to be missed. A neat 3km gravel road leads to this wonderful small holding. Towns surrounding the property includes Groblershoop, Upington, Prieska, Griekwastad and Kimberley.

Verw: KH60
Area: Groblershoop
Prys: R 650 000 BTW uit
Grootte: 8ha

Beskrywing: 8ha Netjiese kleinhoewe geleë in die pragtige, gesogte, rustiger, en veilige Groen Kalahari en gevestig in die benede oranje rivier omgewing naby druiwe wingerde, lusern lande en wisselbou lande soos mielies, katoen en koring en nog meer. Uitstekende verbeterings wat aangebring is behels ± 300vkm, skoon, netjiese, ruim, gerieflike, gedeeltelik verkoelde woonhuis, met 1400vkm gevestigde grasperk, volop pragtige jong inheemse bome soos Kameeldoring, Mopanie, Maroela, Koorsboom, Huilboerboon, Kapok, Luiperd, Witstinkhoud, Wit Karee, Witgat, en Wag-‘n-Bietjie. Vrugtebome geplant is sitrus, perske, granaat, en vye. Infrastruktuur wat opgerig is sluit onder andere die volgende in: Eskom krag, grens drade, damme, water tenks, en buite ontspannings geriewe, sirkel vir perde met ‘n waterpunt. Water vir die huis en die vee is uit die kanaal. Boorgat water is wel effe brak. 'n Voerkraal met waterpunte is ingerig om met so 500 skaap te kan boer. Wat die eiendom onder andere uniek maak is die ligging in die pragtige Groen Kalahari, baie sentraal in Suid Afrika. Rustige en veilige omgewing. Ook die netjiese wyse waarop die kleinhoewe baie sinvol verbeter is. Hierdie is ‘n lekker leef huis. Die kinders kuier langs die vuur saam met hulle vriende, terwyl hulle heelpartykeer ook sommer net daar langs die vuur buite slaap. Daar is ‘n eenvoudige maar baie lekker put-put, en volleyball baan vir hulle gebou. Hulle ry perd op die hoewe of sommer teen die kanaal af langs die wingerde en lande. Hier is baie spasie, en is wonderlik stil, en mens hoor gereeld die visarende roep langs die Groot Oranje rivier. Bykans 113 m² is in 2014 aan die woning aangebou, wat onder andere behels ‘n voorportaal, ‘n slaapkamer, ‘n hoof slaapkamer met en-suite badkamer en lieflike glasdeur wat oopmaak op die tuin. Sommige verbeterings is nog nie heeltemal voltooi nie, soos o.a die plafon in die nuwe gedeelte. Bo en behalwe die voorafgaande, is hierdie ʼn besonderse geleentheid om ‘n lekker leef eiendom te bekom wat nie so gereeld in die area voorkom nie. Toegang tot die kleinhoewe is via ʼn netjiese 3km gruis pad. Omliggende dorpe rondom die eiendom is: Groblershoop, Upington, Prieska, Griekwastad en Kimberley.

Contact the Agent

Please contact the agent below for more information for this property.

Please click here to contact Agent.

Email Agent.

Request a Brochure.

Back to Farms.